Hallo daar!
Hierdie maand net 'n vinnige briefie. Die jaar het begin om te hardloop en dinge sal nou net vinniger en vinniger beweeg - ai! Ons leef egter steeds in hierdie vreemde, vreemde tyd van CoVid, en sal ook nog in 2022 daarmee te doen hê. Ek wil net die volgende temas vinnig deel:
"Hier is ek, Here"
Ons pragtige nuwe boek, Hier is ek, kom binnekort uit. Dit moes reeds in September verskyn het, maar weens vertragings uit China sal dit eers einde Oktober hier wees. Die boek is pragtig gedruk in hardeband en bevat 366 oordenkings oor persoonlike dissipelskap. Ek sal volgende keer hieroor uitwei, maar wou jou net herinner om nie nou al AL jou kerksgeskenke te koop nie. Hierdie boek is 'n wonderlike geskenk vir elke Christen! Hang dus net so 'n bietjie aan, vroeg volgende maand gee ek al die besonderhede. Intussen kan jy egter meer hieroor lees - as jy wil - by hierdie skakel.
|